Menu

Ek woon op ‘n rots



Eendag as jy groot is sal jy verstaan. Al die hoekoms, die moenies, die nee’s
Al die op check, al die dophou al die oppas vir dit en oppas vir daai
Even al is jy al half-grootmens maar tog nog half-kind is dit moeilik om te sluk
Die ma ding is moeilik, die kindwees nog erger slag slag.
Nie ek of jy het ‘n manual om die een die ander te kan verstaan
Die tong wat klik, die kop wat’ nee’ ruk, die deur wat klap, die verwytende kyk
Die seer wat opbou, die bom wat bars. Later skugter skugter weer vriende. ‘n drukkie, ‘n sagte woord, ‘n apologie gemompel in die verbygaan. Dis deel van die lewe. Dis deel van groot word. Dis deel van ons history. ❤️ Die rotsbewoner
©Karolien de Kock
Foto’s my eie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *